Let asseblief op: Hierdie terme en voorwaardes is beskikbaar in Engels,
Zulu, Xhosa en Sesotho op versoek. Skakel 0861 466324.
Krediet ooreenkoms vir 'n krediet transaksie in terme van Artikel 93(2)
van die Nasionale Krediet Wet 34 van 2005 (die ‘Wet’)
Aangegaan tussen HomeChoice (Pty) Ltd, NCR no: NCRCP 454
78 Main Road, Wynberg, 7800, Tel: 0860 466324
En
Die klant, soos aangedui In die Vooraf-ooreenkoms &
Kwotasie/Belastingfaktuur.
Hierdie terme, gelees tesame met die bestelvorm, die Vooraf-ooreenkoms & Kwotasie/Belastingfaktuur, die afleweringsnota, maandelikse staat en die aanbod (dit omvat al die toepaslike bepalings van die HomeChoice katalogus en al die ander bemarking materiaal wat ‘n aanbod vir aankope bevat, gebaseer op die terme en prysberekening, insluitend alle telefoniese kontak) (“die aanbod), omvat die ooreenkoms (“die ooreenkoms”) waarvolgens HomeChoice (Pty) Limited (“HomeChoice”), die ware voorsien (“die ware”), soos omskryf in die HomeChoice katalogus aan die Klant (“die Klant”) wie se volle name en adres op die teruggestuurde bestelvorm verskyn wanneer hy/sy die ware bestel (“die bestelvorm”) of, as die bestelling telefonies geplaas is, op die Vooraf-ooreenkoms & Kwotasie/Belastingfaktuur. Die Klant teken en aanvaar hierdie terme in die spasie wat voorsien is op die bestelvorm of telefonies as die bestelling telefonies geplaas is of op die afleweringsnota wat die Klant teken tydens ontvangs van die ware (“die afleweringsnota”). In ‘n geval waar die Klant nie persoonlik hierdie terme onderteken nie, sal dit aanvaar word dat die persoon wat wel geteken het, deur die Klant gemagtig is om te teken namens die Klant, behalwe as die Klant die ware binne 14 (veertien) dae na aflewering terugstuur. Indien die klant nalaat om te teken dui dit nie automaties aan dat die Klant nie die ware en/of die terme waarvolgens HomeChoice krediet aan die klant mag verleen aanvaar nie. Die Klant moet spesifiek aandui dat hy dit nie aanvaar nie deur die ware terug te stuur ingevolge klousule 1.3 hieronder.
1. Goedkeuringsperiode
1.1 Niks in hierdie ooreenkoms sal HomeChoice verplig om die Klant van die ware te voorsien alvorens die Klant se kredietwaardigheid nagegaan is nie. Indien HomeChoice besluit om die ware te voorsien, sal dit afgelewer word aan die Klant, wie dit mag aanvaar of nie, soos uiteengesit in klousules 1.2 en 1.3 hieronder.
1.2 Alle ware wat deur HomeChoice voorsien word aan die Klant is onderhewig aan die Klant se goedkeuring. Die Klant het 'n periode van 14 (veertien) dae vanaf die datum waarop die ware ontvang is om die ware te besigtig en, as dit om enige rede nie die Klant se goedkeuring wegdra nie, dit terug te stuur in terme van klousule 1.3 hieronder, waarop hierdie krediet ooreenkoms nietig verklaar sal word. As die ware nie binne 14 (veertien) dae vanaf ontvangs deur die Klant na HomeChoice teruggestuur word nie, sal dit onweerlegbaar aanvaar word dat die Klant gekies het om die ware te koop.
1.3 Die Klant moet die ware in die oorspronklike verpakking, indien moontlik, tesame met die verpakkingslys na HomeChoice terug stuur, deur middel van geregistreerde pos. Alle terugsendings moet geaddresseer word aan HOMECHOICE, PRIVAATSAK X28, CAPEMAIL, 8003. ALLE ITEMS WAT ONTVANG WORD MOET TERUG GESTUUR WORD (INSLUITEND ENIGE GESKENKE).
2. Betalingsopsies
Die Klant sal kontant vir die ware betaal of in terme van die gewone krediet voorwaardes soos bepaal deur HomeChoice, en indien aankope op krediet geskied, in terme van een van die opsies soos aangedui in die aanbod. Die toekenning van enige sodanige krediet, sal gemaak word na HomeChoice se goeddunke.
3. Betaling indien krediet toegestaan is
3.1 Indien krediet aan die Klant toegestaan is deur HomeChoice, sal die maandelikse terugbetalings gemaak word in sodanige bedrae en aantal paaiemente soos uiteengesit in die aanbod en in terme van wat die Klant gekies het asook soos uiteengesit in die Vooraf-ooreenkoms & Kwotasie/ Belastingfaktuur. Die bedrae wat alreeds deur die Klant betaal is, tesame met finansieringskostes wat daarop gehef is en enige ander bedrae wat nog verskuldig is deur die Klant sal in die maandstate verskyn.
3.2 Alle bedrae wat betaal word sal eerstens aangewend word vir die delging van rente, dan vir die delging van regs- of invorderingsgelde of onkostes en uitgawes wat aangegaan is ter uitvoering van hierdie bepalings in verband met enige ware wat aan die Klant verkoop is, en daarna sal dit aangewend word vir die delging van die balans van die hoofskuld uitstaande.
3.3 ‘n Sertifikaat wat deur een van die HomeChoice direkteure uitgereik en geteken is en die bedrag uiteensit wat deur die Klant verskuldig is, sal as prima facie bewys dien vir die feite daarin uiteengesit en so ‘n sertifikaat mag ter ondersteuning gebruik word in enige hofaansoek of regsaksie.
4. Betalingskedule en paaiemente
4.1 ‘n Betalingskedule wat die krediet toegestaan, frekwensie van betalings, die hoeveelheid betalings en die datums vir die eerste betaling en die laaste betaling uiteensit, sal openbaar word in die Vooraf-ooreenkoms en Kwotasie/Belastingfaktuur.
4.2 Die eerste paaiement wat betaalbaar is deur die Klant moet gemaak word op of voor die datum wat aangedui word as die ‘Eerste paaiement betaalbaar’ op die Vooraf-ooreenkoms en Kwotasie/Belastingfaktuur.
4.3 Onderhewig aan die bepalings van die Wet, sal HomeChoice daarop geregtig wees om sonder enige verdere kennisgewing aan die Klant, die volle balans van die aankope steeds verskuldig op te eis, indien die Klant nalaat om ‘n betaling maak van enige paaiment/e op die datum betaalbaar.
5. Administrasie kostes agv wanbetaling
5.1 Sou die klant agterstallig wees met sy/haar maandelikse paaiemente, en sou
HomeChoice stappe neem om die ooreenkoms af te dwing in terme van die Wet, sal die Klant aanspreeklik wees vir alle administrasie kostes agv wanbetaling en invordering kostes wat aangegaan is deur HomeChoice, insluitend opsporingskostes, invorderingskommissie, koste van ‘n prokureur en enige ander sodanige redelike onkostes aangegaan deur HomeChoice in die proses om hierdie ooreenkoms af te dwing. (soos telefoon oproepe en briewe aan die Klant), onderhewig aan die bepalings van die Wet.
5.2 HomeChoice sal nie betalings invorder of poog om betalings in te vorder wat die kostes oorskry in terme van wat toegelaat word ingevolge die Wet op Landdroshowe No. 32 van 1944, die Hooggeregshof Wet No. 59 van 1959 of die Wet op Skuldinvordering no. 114 van 1998.
6. Aflewering, eienaarskap en risiko
Onderhewig aan 1.2 hierbo, sal eienaarskap van die ware oorgedra word na die Klant onmiddellik nadat HomeChoice 'n gedeelte van die aankoopprys ontvang het, en die Klant voorsien HomeChoice van geen vorm van werklike of persoonlike sekuriteit ter ondersteuning van die bedrag wat verskuldig is deur die Klant aan HomeChoice van tyd tot tyd in terme van hierdie ooreenkoms nie. Risiko in die ware word oorgedra na die Klant tydens afglewering van die ware. Tensy die teendeel bewys word, sal ‘n afleweringsnota as bewys van aflewering dien.
7. Waarborg
7.1 Die waarborg (waarvan die detail in die HomeChoice katalogus verskyn) wat deur HomeChoice gegee word vir die ware, word gegee bo en behalwe ander waarborge wat deur die Wet geimpliseer word. Die Klant sal geen verdere eise hê nie.
7.2 Die Klant moet HomeChoice in kennis stel van enige breekskade aan of tekorte van die ware deur middel van skriftelike kennisgewing, wat HomeChoice moet bereik binne 14 (veertien) dae vanaf ontvangs van die ware deur die Klant. Versuim om dit te doen is 'n erkenning dat die ware volleding en in 'n goeie toestand deur die Klant ontvang is.
7.3 Nieteenstaande klousule 7.2, dek HomeChoice (details verskyn in die HomeChoice katalogus) alle risiko van diefstal van die ware vanuit die Klant se huis, skade aan die ware as gevolg van 'n brand of indien die ware verwoes word tydens ‘n natuurlike ramp, op voorwaarde dat die Klant se terugbetalings op datum is en dat die Klant nie geëis het vir meer as twee voorvalle per item nie. Indien die ware verlore is of gesteel is, beskadig of verwoes is en om enige rede nie vervang word in terme van hierdie ooreenkoms nie, moet die Klant aanhou om die balans van die uitstaande aankoopprys, tesame met enige ander uitstaande bedrae te betaal, ingevolge die voorwaardes van hierdie ooreenkoms.
8. Rente en kostes
8.1 Die Klant sal op die Vooraf-ooreenkoms en Kwotasie/Belastingfaktuur voorsien word van inligting aangaande finansieringskoste, die aanvangsfooi en aflewerings-kostes soos uiteengesit in die Wet. Die rentekoers sal van toepassing wees vir die duur van die ooreenkoms en rente sal op ‘n daaglikse basis bereken word en maandeliks gekapitaliseer word. Die rentekoers sal bereken word teen die maksimum toelaatbare koers in terme van die Wet. Hierdie koers is tans 32.1%.
8.2 HomeChoice is geregtig om rente te hef teen die maksimum toelaatbare koers in terme van die Wet, op enige bedrag wat nie betaal is op of voor die datum betaalbaar nie. Sodanige rente sal bereken word vanaf die datum betaalbaar tot en met die datum betaal. ("agterstallige rente")
8.3 Agterstallige rente (waar van toepassing), finansieringskoste, Klantesorg, aanvangsfooi en afleweringskoste word gehef op alle ware wat op krediet verkoop word en word bereken in terme van die Wet.
8.4 ‘n Maandelikse kredietdiensfooi van R15 geld ook. Die maandelikse kredietdiensfooi mag jaarliks verhoog word met ‘n maksimum van nie meer as 10% nie. Kennis hiervan sal skriftelik verskaf word 5 besigheidsdae voor die verhoging.
8.5 HomeChoice sal ‘n maandelikse diensfooi hef soos uiteengesit in die Kwotasie/Belastingfaktuur. HomeChoice mag uit eie diskresie besluit om afstand te doen van sy reg op ‘n porsie van die diensfooi. Enige sodanige besluit om afstand te doen, kan enige tyd deur HomeChoice teruggetrek word sonder om enige verwagtinge by die Klant te skep dat die besluit om afstand te doen onherroeplik is of dat die mate van afstanddoening nie verander kan word nie. Indien die Klant meer as een kredietooreenkoms met HomeChoice aangegaan het sal die diensfooi slegs gehef word op die mees onlangse lopende kredietooreenkoms.
9. Verpligting om ligging van ware bekend te maak
Die Klant onderneem om HomeChoice binne 10 besigheidsdae skriftelik in kennis te stel van enige veranderings aan die klant se woonadres, die adres van die perseel waar die ware normaalweg gehou word, onderhewig aan hierdie ooreenkoms, en die adres van enige ander persoon aan wie besit van die ware oorgedra is. Hierdie kennisgewing kan per hand afgelewer word, of gestuur word deur middel van geregistreerde pos of elektroniese pos. Versuim om HomeChoice van bogenoemde in kennis te stel kan ‘n oortreding behels.
10. Adres waar dokumente ontvang word
Die adresse wat op die bestelvorm en in die Vooraf-ooreenkoms en Kwotasie/Belastingfaktuur as die Klant en HomeChoice se adresse vermeld word, sal die adresse wees vir dienslewering en waarna alle kennisgewings, prosesstukke, state en korrespondensie gestuur word. Die Klant en HomeChoice onderneem om mekaar onmiddelik skriftelik in kennis te stel van enige veranderinge in hul onderskeie adresse en hierdie verandering sal 14 (veertien) dae na kennisgewing in werking tree. Hierdie kennisgewing kan per hand afgelewer word, of gestuur word deur middel van geregistreerde pos of elektroniese pos.
11. Krediet inligting en kredietlimiete
Die Klant stem hiermee in dat HomeChoice enige inligting oor hoe die klant sy/haar rekening hanteer, by die krediet inligting buro mag registreer, sonder enige kennisgewing aan die Klant. Sodanige inligting mag deur beide HomeChoice en ander lede van die krediet inligting buro gebruik word om besluite oor krediet te neem aangaande die klant en/of lede van sy/haar huishouding, om bedrog te voorkom en om te help in die opsporing van debiteure.
12. Kontrakbreuk/HomeChoice se reg om die ooreenkoms te
beëindig
12.1 Sou die Klant
12.1.1 versuim om stiptelike terugbetalings te maak of versium om enige ander bedrae wat betaalbaar is in terme van hierdie ooreenkoms te betaal, of enige ander terme van hierdie ooreenkoms oortree; of
12.1.2 gesekwestreer word;
mag HomeChoice hierdie wanprestasie onder die aandag van die Klant bring en voorstel dat die Klant die krediet ooreenkoms verwys na ‘n skuldraadgewer, of 'n alternatiewe dispuut oplossing agent, verbruikershof of ombudsman met regsbevoegdheid, met die doel dat die partye enige geskil ingevolge die ooreenkoms oplos of om ‘n plan te bedink en daarop ooreen te kom om die betalings in terme van die ooreenkoms op datum te bring.
12.2 Indien die Klant reeds vir ten minste 20 werksdae wanpresteer het , en ten minste 10 werksdae het verloop sedert HomeChoice vir die klant ‘n kennisgewing ten opsigte hiervan gestuur het en die Klant het nog nie gereageer op die kennisgewing nie, of het gereageer deur HomeChoice se voorstelle te verwerp, mag HomeChoice ‘n hof nader om die ooreenkoms af te dwing.
12.3 Die Klant mag in enige stadium voordat HomeChoice die ooreenkoms beëindig, die ooreenkoms wat in wanbetaling is herstel, deur enige agterstallige bedrae aan HomeChoice te betaal, tesame met HomeChoice se toegelate koste vir wanbetaling en redelike onkoste wat aangegaan is om die kontrak af te dwing tot en met die tyd wat die ooreenkoms herstel is.
12.4 Sou die Klant:
12.4.1 enige wesenlike inkorrekte verklaring of wanvoorstelling maak in verband met hierdie ooreenkoms, of sy/haar finansiële sake of indien die Klant ‘n ongerehabiliteerde insolvent is; of
12.4.2 enigiets doen of toelaat wat HomeChoice se regte ingevolge hierdie ooreenkoms benadeel,
sal HomeChoice geregtig wees, en die keuse mag uitoefen, om sonder enige verdere kennisgewing aan die Klant en sonder enige benadeling van enige ander regte, maar onderhewig aan die bepalings van die Wet, die ooreenkoms te kanselleer, besit van die ware terug te neem en aanspraak te maak, as likwidasie skade, op betaling van die uitstaande balans nieteenstaande die feit dat sodanige balans nie noodwendig betaalbaar mag wees ten tyde van die kansellasie nie.
13. Vroeë vereffening
13.1 Die Klant is geregtig daarop om die uitstaande balans ingevolge die ooreenkoms te enige tyd ten volle te vereffen, met of sonder voorafkennisgewing aan HomeChoice.
13.2 Indien die Klant verlang om die uitstaande balans te vereffen voor die datum betaalbaar, moet hy/sy HomeChoice versoek om hom/haar te voorsien van ‘n vroeë vereffening syfer. Hierdie bedrag sal bereken word in terme van die redelike diskresie van HomeChoice, nadat enige kostes waarna in klousule 8 verwys word in ag geneem is, maar onderhewig aan die bepalings van die Wet. As die Klant besluit om hierdie vroeë vereffening syfer te betaal, moet hy/sy verseker dat HomeChoice hierdie betaling ontvang voor die volgende faktuur staat datum.
14. Maandelikse state
HomeChoice sal maandelikse state aan die Klant stuur, per pos of per e-pos, wat die totale bedrag betaalbaar uiteensit soos op die datum van die staat.
15. Afstand doen van ware
‘n Klant mag skriftelik kennis gee aan HomeChoice om die ooreenkoms te beëindig en om die ware wat onderhewig is aan die ooreenkoms na HomeChoice se plek van besigheid terug te stuur binne 5 werksdae vanaf die datum van die skriftelike kennisgewing, of binne ‘n tydperk soos ooreengekom met HomeChoice. Die onkoste om die ware terug te stuur, sal vir die Klant se rekening wees.
HomeChoice sal binne 10 werksdae vanaf ontvangs van die skriftelike kennisgewing of ontvangs van die ware, watter een ook al laaste is, ‘n skriftelike kennisgewing binne 10 werksdae aan die Klant stuur met die geskatte waarde van die ware. Tensy die klant in 'n situasie van wanprestasie is, mag hy/sy die kennisgewing om die kontrak te beëindig, terugtrek en besit van die ware hervat. Die onkoste om die ware na die klant terug te stuur, sal vir die Klant se rekening wees.
Indien die klant in 'n situasie van wanprestasie is of nie op die kennisgewing reageer nie, moet HomeChoice die ware so gou as prakties moontlik verkoop vir die beste prys redelik verkrygbaar.
Nadat die ware verkoop is en die klant se rekening gekrediteer is met die opbrengs, min die onkostes wat aangegaan is om dit te verkoop en ander toegelate kostes, sal HomeChoice die Klant skriftelik in kennis stel van die oorblywende aflos waarde (indien enige) en betaling eis hiervoor. Rente is betaalbaar deur die Klant teen die koers van toepassing op die krediet ooreenkoms op enige uitstaande bedrae wat deur HomeChoice vereis word, vanaf die datum wat die betaling verskuldig is tot en met die datum van die betaling. Die ooreenkoms word beëindig sodra betaling geskied van die uitstaande bedrag en rente.
16. Bemarking opsies
HomeChoice sal klante die kans gun/het klante reeds die kans gegun om
enige van die volgende opsies te kies:
– om uitgesluit te word van enige telebemarkings veldtogte wat deur
HomeChoice of om HomeChoice se onthalwe gedoen word.
– om uitgesluit te word van enige bemarkings- of klante lyste wat verkoop of
versprei word deur HomeChoice
– om uitgesluit te word van enige massa verspreiding van e-pos of sms boodskappe.
Die Klant is geregtig daarop om te enige tyd HomeChoice te kontak en te versoek dat die opsies wat deur die Klant gekies is, gewysig word.
17. HomeChoice Plus voordele
In so mate dat die Klant se rekening herhaalbaar is ingevolge HomeChoice se
rekeningsbeleide, onderneem HomeChoice om R2 500 van die rekeningbalans af te
skryf in geval van die Klant se permanente ongeskiktheid of afsterwe. HomeChoice
Plus voordele is onderhewig aan die Klant se rekeningstatus en kan sonder
kennisgewing verander.
18. Algemeen
Geen veranderings aan, variasies van, aanpassings of toevoegings tot, of uitwissing van hierdie terme en voorwaardes is geldig of afdwingbaar tensy dit skriftelik uiteengesit is en deur albei partye onderteken is nie.
Geen vergunnings wat deur HomeChoice toegeken word, sal as ‘n kwytskelding geag word deur HomeChoice van enige van sy regte in terme van hierdie ooreenkoms nie. Die Klant mag nie afstand doen van enige van sy/haar regte ingevolge hierdie ooreenkoms, sonder om vooraf skriftelike toestemming van HomeChoice te verkry nie.
Die Klant gee hiermee toestemming om onder die jurisdiksie van die landdroshof te val wat jurisdiksie het oor hom/haar aangaande alle regsaksies met betrekking tot hierdie ooreenkoms nieteenstaande die feit dat die waarde van die aangeleentheid in dispuut die jurisdiksie van die landdroshof mag oorskry.
HomeChoice is ‘n gelisensieerde diensteverskaffer in terme van die FAIS wetgewing. Hierdie ooreenkoms is in alle opsigte onderhewig aan Suid-Afrikaanse wetgewing. |